Opsomming
Die huidige studie ondersoek die verhouding tussen die toegewydheid aan die proses van loopbaankeuse en die loopbaanvolwassenheid van 123 Blanke eerstejaar sielkunde-studente. Die resultate dui op 'n hoogs beduidende statistiese verhouding (�? < 0,01) tussen loopbaanvolwassenheid en die "Vocational Exploration and Commitment" sub-skaal van Blustein et al.'s (1989) se "Commitment to Career Choices Scale". Verder dui die resultate ook op 'n statisties beduidende verhouding (�? < 0,05) tussen loopbaanvolwassenheid en die sub-skaal genaamd "Tendency to Foreclose". Geslag is nie beduidend in verband tot enige van die bevindings gestel nie.