meditasies in ’n begraafplaas: ’n verkenning van afrikaanse grafdigters en kerkhofpoësie

meditasies in ’n begraafplaas: ’n verkenning van afrikaanse grafdigters en kerkhofpoësie

;Gerda H. Taljaard-Gilson
Analytical chemistry 2017 Vol. 38 pp. e1-e11
190
taljaard-gilson2017literatormeditasies

Abstract

Die term ‘kerkhofgedig’ word selde in akademiese gesprekke oor die Afrikaanse poësie gehoor en dit kom nie voor in T.T. Cloete se Literêre terme en teorieë (1992) nie. Daar is drie redes vir hierdie leemte in die Afrikaanse literatuur: In die eerste plek het ‘elegie’ ’n sambreelterm geword vir die meeste gedigte waarin die digter sy smart of weemoed uitspreek oor ’n bepaalde gebeurtenis of toestand; dit wil sê, die klaaglied, grafrede, treursang, treurlied, in memoriam-gedig, dodeklag, lyksang, ensovoort. In die tweede plek word kerkhofpoësie geassosieer met (Engelse) agtiende-eeuse digters, nie met moderner Afrikaanse digters nie. Derdens is die ‘gewone’ elegie en die kerkhofgedig verwante digvorme wat heelparty kenmerke deel sodat dié twee genres soms moeilik onderskeibaar is. Die kerkhofgedig word met ander woorde nie soos in Engels, Frans, Duits en Nederlands as ’n onafhanklike digsoort met unieke eienskappe gesien nie. Nietemin is daar ’n paar Afrikaanse digters wat dié digvorm deur die dekades heen beoefen het. In hierdie artikel sal daar bepaal word of Afrikaanse kerkhofpoësie wel bestaan. Dit sal gedoen word deur middel van ’n historiese verkenning van kerkhofpoësie. Daarna sal tradisionele kerkhofgedigte met moderner gedigte vergelyk word. Dan sal die kerkhofgedig met die ‘gewone’ elegie vergelyk word. Ten slotte sal ’n duidelike definisie vir ‘kerkhofpoësie’ geformuleer word. Die volgende vrae word dus in hierdie artikel beantwoord: Wat is kerkhofpoësie en bestaan daar so ’n digvorm in Afrikaans?

Citation

ID: 195325
Ref Key: taljaard-gilson2017literatormeditasies
Use this key to autocite in SciMatic or Thesis Manager

References

Blockchain Verification

Account:
NFT Contract Address:
0x95644003c57E6F55A65596E3D9Eac6813e3566dA
Article ID:
195325
Unique Identifier:
10.4102/lit.v38i1.1315
Network:
Scimatic Chain (ID: 481)
Loading...
Blockchain Readiness Checklist
Authors
Abstract
Journal Name
Year
Title
5/5
Creates 1,000,000 NFT tokens for this article
Token Features:
  • ERC-1155 Standard NFT
  • 1 Million Supply per Article
  • Transferable via MetaMask
  • Permanent Blockchain Record
Blockchain QR Code
Scan with Saymatik Web3.0 Wallet

Saymatik Web3.0 Wallet