om te skryf oor die onbeskryflike: verlies en mistieke verlange in die sneeuslaper van marlene van niekerk

om te skryf oor die onbeskryflike: verlies en mistieke verlange in die sneeuslaper van marlene van niekerk

;Chris van der Merwe
Analytical chemistry 2012 Vol. 33 pp. e1-e9
192
merwe2012literatorom

Abstract

Die vier verhale in Die sneeuslaper van Marlene van Niekerk bevat elk ’n ‘narratiewe betoog’ oor die sin van kuns en lewe. Die artikel handel oor die rol wat mistiek in hierdie ‘betoog’ speel. Daar bestaan te veel verskillende verskyningsvorme van die mistiek om ’n omvattende definisie daarvan te gee, maar daar word wel op ’n aantal kenmerke van die mistiek gewys wat in seminale studies genoem word. Mistiek word onder andere gekenmerk deur eenwording met die Absolute – ’n ervaring wat nie in woorde weergegee kan word nie. Mistiek, soos trauma, word gekenmerk deur die verbrokkeling van ’n bekende wêreld. Beide verskynsels is oorweldigende ervarings wat nie in konvensionele taal weergegee kan word nie. In Die sneeuslaper word trauma, mistiek en kreatiwiteit met mekaar verbind. Die sentrale verhaalkarakters gaan deur ’n traumatiese proses waarin afskeid geneem word van die bekende alledaagse werklikheid en gesoek word na ’n mistieke werklikheid, suiwerder as die alledaagse. In die betreding van hierdie werklikheid word die kreatiewe persoon bevry van konvensionele denke en taal en soek sy of hy na die ‘so-syn van dinge’. Dit is ’n liminale reis wat in drie fases verloop: Dit begin met die vertrek uit die samelewing, wat lei tot transformasie en uiteindelik tot ’n terugkeer met die vrugte van die kreatiewe proses.

Citation

ID: 180225
Ref Key: merwe2012literatorom
Use this key to autocite in SciMatic or Thesis Manager

References

Blockchain Verification

Account:
NFT Contract Address:
0x95644003c57E6F55A65596E3D9Eac6813e3566dA
Article ID:
180225
Unique Identifier:
10.4102/lit.v33i2.138
Network:
Scimatic Chain (ID: 481)
Loading...
Blockchain Readiness Checklist
Authors
Abstract
Journal Name
Year
Title
5/5
Creates 1,000,000 NFT tokens for this article
Token Features:
  • ERC-1155 Standard NFT
  • 1 Million Supply per Article
  • Transferable via MetaMask
  • Permanent Blockchain Record
Blockchain QR Code
Scan with Saymatik Web3.0 Wallet

Saymatik Web3.0 Wallet