Wat vandag op die terrein van die teologie en met name in die Etiek gebeur, kan ons miskien die beste aandui met die woord ‘aardstorting’. Waar dit gaan oor verhoudinge tussen mense in en buite die huwelik, politieke, maatskaplike en sosiale probleme, kortom, orals waar gesag ter sprake kom, sien ons ’n geweldige grondverskuiwing. Met ander woorde ons belewe ’n ontsettende krisis van die gesag.