ondersoek na ’n teoretiese onderskraging van boekkuns: die toepassing van bakhtin se dialogisme en heteroglossia op geselekteerde voorbeelde van kunstenaarsboeke

ondersoek na ’n teoretiese onderskraging van boekkuns: die toepassing van bakhtin se dialogisme en heteroglossia op geselekteerde voorbeelde van kunstenaarsboeke

;David Paton
Analytical chemistry 2012 Vol. 33 pp. e1-e11
187
paton2012literatorondersoek

Abstract

Onlangse navorsingsprojekte en konferensies oor boekkuns het gereageer op Johanna Drucker se oproep in 2005 dat noodsaaklike navorsingswerk gedoen moet word om ’n deegliker teoretiese basis vir die terrein van boekkunsproduksie te vestig. Die deelname van kunstenaars en ander praktisyns van boekkuns veroorsaak dat gesprekke en besprekings noodwendig en voorspelbaar neig na die praktyk en weg van die teorie. In die lig van die behoefte aan die bepaling van ’n toepaslike visie waarvolgens die kunsboek meer eksplisiet, ook teoreties, ondersoek kan word, ondersoek hierdie artikel Stéphane Mallarmé en Marcel Broodthaers se Un coup de dés publikasies, Buzz Spector se simplifiserende Marcel Broodthaers, Ulises Carrion se For fans and scholars alike, en Helen Douglas en Telfer Stokes se Real fiction. Hierdie spesifieke voorbeelde, en hulle onderlinge verbande en dialoog met mekaar, word ondersoek vanuit die perspektief van die Russiese filosoof en literêre teoretikus Mikhail Bakhtin se werk oor dialogisme en heteroglossia (‘ander-tongigheid’). Hierdie begrippe demonstreer die dialogiese, multivokale en veeltongige wisselwerking tussen en binne historiese werke as kultuuruitings. Deur die analise toon ek aan dat hierde begrippe toepaslike en funksionele raamwerke uitmaak vir die analise van spesifieke aspekte wat die teenwoordigheid van kunstenaarsboeke aankondig in die wêreld: selfbewustheid en omvattende diskoers wat wederkerend toepaslik is. Ek stel voor dat Bakthin se idees oor dialogisme en heteroglossie gebruik word as die teoretiese begronding van die kunstenaarsboek as ’n dinamiese visuele taal wat in ’n netwerk van ander tekste staan en deel is van die proses van die eindelose herbeskrywing van die wêreld.

Citation

ID: 165230
Ref Key: paton2012literatorondersoek
Use this key to autocite in SciMatic or Thesis Manager

References

Blockchain Verification

Account:
NFT Contract Address:
0x95644003c57E6F55A65596E3D9Eac6813e3566dA
Article ID:
165230
Unique Identifier:
10.4102/lit.v33i1.353
Network:
Scimatic Chain (ID: 481)
Loading...
Blockchain Readiness Checklist
Authors
Abstract
Journal Name
Year
Title
5/5
Creates 1,000,000 NFT tokens for this article
Token Features:
  • ERC-1155 Standard NFT
  • 1 Million Supply per Article
  • Transferable via MetaMask
  • Permanent Blockchain Record
Blockchain QR Code
Scan with Saymatik Web3.0 Wallet

Saymatik Web3.0 Wallet