Alle norme is Skrifgebonde, van God verorden, eis van elke gelowige onderworpenheid en gewillige gehoorsaamheid. In hierdie opsig is norme dus van buite gegee, aan ons opgelê en dit geld vir alle eeue. Nou wil ek kom by hierdie lewe waarin ons elke dag leef en beweeg. Hierdie lewe is ’n sondige lewe en norme is juis gerig op hierdie sondige lewe om hier koersbepalers te wees.