raak- en verskilpunte tussen gedigte en liedtekste

raak- en verskilpunte tussen gedigte en liedtekste

;Bernardus J. Odendaal
Analytical chemistry 2013 Vol. 34 pp. e1-e10
165
odendaal2013literatorraak-

Abstract

Die ontwikkeling van die Afrikaanse luisterliedjie in die laat 1970’s en vroeë 1980’s, toe dié woord in die liedkuns op die voorgrond getree het, het ’n ‘toenadering’ tussen die Afrikaanse poësie- en liedsisteme aan die gang gesit wat die afgelope dekade daarop uitgeloop het dat die wyse waarop voorheen duidelik tussen gedigte en liedtekste onderskei is, bevraagteken geraak het. Die gevolglike noodsaak vir besinning oor die bestaan, al dan nie, van wesenlike verskille tussen die twee tekssoorte het die navorsing vir hierdie artikel geïnspireer (die kritiese bestudering van relevante plaaslike en internasionale bronne; die toepassing van bevindinge op voorbeelde in die Afrikaanse lied- en digkuns). Eers is klem geplaas op die gedeelde geskiedenis en die bestaande verwantskappe tussen die twee genres. Die bestemde mediums van presentasie – mondelinge uitvoering teenoor uitgawe in druk – is as die mees wesenlike onderskeid tussen lied- en poësietekste geïdentifiseer. As deurslaggewend onderskeidende konsekwensie hiervan tree die benutting van visuele en beeldende prosodiese elemente in die digkuns, veral sedert die modernistiese era met sy vryeversrykdom, op die voorgrond; dit wil sê naas die ritmiese en klankmatige aspekte wat dit met die liedtekskuns gemeen het. Daar word aangetoon dat dit ’n verdere ontwikkeling behels wat saamhang met wat die medioloog Debray bestempel het as ’n kulturele verskuiwing van die logosferiese na die grafosferiese era. Ten slotte word gewys op die feit dat die snelle opkoms van die elektroniese media in die videosferiese era nuwe problematiek vir die onderskeid tussen die liedteks- en poësiegenres meebring – maar wat nie in hierdie artikel ondersoek kan word nie.

Citation

ID: 244562
Ref Key: odendaal2013literatorraak-
Use this key to autocite in SciMatic or Thesis Manager

References

Blockchain Verification

Account:
NFT Contract Address:
0x95644003c57E6F55A65596E3D9Eac6813e3566dA
Article ID:
244562
Unique Identifier:
10.4102/lit.v34i2.422
Network:
Scimatic Chain (ID: 481)
Loading...
Blockchain Readiness Checklist
Authors
Abstract
Journal Name
Year
Title
5/5
Creates 1,000,000 NFT tokens for this article
Token Features:
  • ERC-1155 Standard NFT
  • 1 Million Supply per Article
  • Transferable via MetaMask
  • Permanent Blockchain Record
Blockchain QR Code
Scan with Saymatik Web3.0 Wallet

Saymatik Web3.0 Wallet