protes en mite in die malawiese literatuur: 1964–1990s

protes en mite in die malawiese literatuur: 1964–1990s

;Fetson Kalua
Analytical chemistry 2016 Vol. 37 pp. e1-e6
151
kalua2016literatorprotes

Abstract

Na Malawi se onafhanklikheidswording van Britse heerskappy in 1964, moes sy burgers meer as drie dekades lank die uiters outokratiese regering van Dr Hastings Banda verduur. Merkwaardig genoeg was dié tydperk ook ’n bloeitydperk in die Malawiese letterkunde, ’n letterkunde waarin ’n nuwe generasie skrywers getoon hoe intens hulle betrokke was by die politiek deur ’n paar dwarsklappe na Dr Banda se tirannieke bewind uit te deel. Deur postkoloniale teorie as ’n lens vir kultuurontleding te gebruik, ondersoek hierdie artikel die werk van geselekteerde Malawiese skrywers wie se hooffokus dit was om aan te toon dat Malawi vasgevang was in die greep van die tipe politiek wat die bevolking in die uiterste wanhoop en moedeloosheid en gedompel het. Daarom ondersoek die skrywer literêre werke deur Malawiese skrywers soos Legson Kayira, Frank Chipasula, Felix Mnthali, Jack Mapanje en Steve Chimombo ten einde die ambivalensie van kulturele identiteit te demonstreer wat sigbaar word in die betrokke werke oor die persoonlike vrese, angs en frustrasies in dié tydperk van onderdrukkende politiek en politieke hardhandigheid. Die skrywers van hierdie spesifieke generasie het dus tekste gelewer wat die pyn, ongemak en ‘malaise’ in hierdie postkoloniale staat weerspieël het, asook die dienooreenkomstige identiteitskrisis wat soveel pyn vir die mense tot gevolg gehad het. Die argument van hierdie artikel is dat die betreurenswaardige politieke toestand in Malawi ’n kulturele identiteit tot stand gebring het wat verwarrend en verward was, en dat dit uitdrukking gevind het in die werke wat ondersoek word.

Citation

ID: 192795
Ref Key: kalua2016literatorprotes
Use this key to autocite in SciMatic or Thesis Manager

References

Blockchain Verification

Account:
NFT Contract Address:
0x95644003c57E6F55A65596E3D9Eac6813e3566dA
Article ID:
192795
Unique Identifier:
10.4102/lit.v37i1.1255
Network:
Scimatic Chain (ID: 481)
Loading...
Blockchain Readiness Checklist
Authors
Abstract
Journal Name
Year
Title
5/5
Creates 1,000,000 NFT tokens for this article
Token Features:
  • ERC-1155 Standard NFT
  • 1 Million Supply per Article
  • Transferable via MetaMask
  • Permanent Blockchain Record
Blockchain QR Code
Scan with Saymatik Web3.0 Wallet

Saymatik Web3.0 Wallet