'n oudiovisuele analise van woordverdeelherhalings by hakkelaars
;Maggi van Wyk
journal of pediatric orthopedics1978Vol. 25pp. -
121
wyk1978south'n
Abstract
'n Oudiovisuele analise van woorddeelherhalings wat in spraakopnames van 18 hakkelaars voorgekom het, is gemaak. Hierdie gedragsvorm is 'n belangrike diagnostiese kriterium van hakkelspraak. Buiten die voorkomsfrekwensie is veral ook die aard en plek van voorkoms van onderbrekings belangrike faktore in die diagnose van hakkel. Kliniese waarnemings beklemtoon dat die woorddeelherhalings van hakkelaars van die van nie-hakkelaars onderskei kan word deur o.a. tempoverskille,onreelmatigheid, gebrek aan oorgangsformante, die gebruik van die schwa-vokaal en die voorkoms van benaderingsgedrag. Ouditiewe parameters asook spektrogramme is gebruik om die hipotese te bevestig dat die tempo van woorddeelherhalings verskil van die tempo waarteen die vloteenhede van spraak geuiter word. Ook is hierdie herhalings opmerklik onreelmatig en het die verlangde oorgangsformante nie by herhalingseenhede voorgekom nie. Dit is egter nie die schwavokaal wat gebruik word nie en dit is onwaarskynlik dat die herhalings dien as benadering tot die verlangde oorgang. Hierdie bevindings is van belang vir die differensiaaldiagnose tussen hakkelspraak en normale onvlotheid.